Kat

Kat
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
F. catus
Binomiale naam
Felis catus
Linnaeus, 1758
Sinonieme

Felis silvestris catus

Die kat of huiskat is een van die oudste troeteldiere van die mens. Dit is ’n klein, gewoonlik harige, vleisetende soogdier wat tot die biologiese familie Felidae (katagtiges) behoort. Die ou wetenskaplike naam was Felis domesticus, maar is later vervang deur Felis catus of soms Felis silvestris catus.

Mense hou katte aan vir geselskap en hul vermoë om klein knaagdiere soos muise en rotte te vang. Katte is al minstens 9 500 jaar deel van die mens se lewe[1] en is vandag die gewildste troeteldier.[2] Hulle word om dié rede feitlik oral ter wêreld aangetref.

Katte se anatomie is dieselfde as dié van ander lede van die Felidae-familie. Hulle het sterk, buigbare lywe, vinnige reflekse, skerp naels wat teruggetrek kan word en tande wat aangepas is om klein prooi dood te maak. Hulle kan besonder goed hoor en in die donker sien. Hulle kan klanke van ’n hoë frekwensie hoor wat die mens nie kan nie. Hul reukvermoë is ook baie beter.

Hoewel hulle alleen jag, is katte baie sosiale diere en kan op verskeie maniere kommunikeer, soos deur te miaau, spin, sis en grom, asook deur feromone (chemiese afskeidings) en hul liggaamshouding.[3]

Die teling van opregte katte is ’n gewilde bedryf. Talle katrasse bestaan; sommige het natuurlik ontstaan en ander deur mutasie of teling, en nuwes word voortdurend ontwikkel.

  1. "Oldest Known Pet Cat? 9500-Year-Old Burial Found on Cyprus". National Geographic News (in Engels). National Geographic Society. 8 April 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2018. Besoek op 27 Januarie 2012.
  2. Driscoll, Carlos A.; Clutton-Brock, Juliet; Kitchener, Andrew C.; O'Brien, Stephen J. (10 Junie 2009). "The Evolution of House Cats". Scientific American (in Engels). New York: Nature Publishing Group. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2014. Besoek op 26 Augustus 2009.
  3. Moelk, Mildred (April 1944). "Vocalizing in the House-Cat; A Phonetic and Functional Study". The American Journal of Psychology. The American Journal of Psychology, Vol. 57, No. 2. 57 (2): 184–205. doi:10.2307/1416947. JSTOR 1416947.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search